Advertisement
Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie keer van 21–25 Oktober 2026 terug na Pretoria en bring van Suid-Afrika se talentvolste jong pianiste by die Fairtree Atterbury Teaterbyeen.Die 2026-kompetisie het ’n rekordgetal van 51 inskrywings ontvang, wat die groeiendebelangstelling in, en besonder hoë standaard van, jong klaviertalent in Suid-Afrika weerspieël. Ná afloop van die keuringsproses is 43 jong pianiste gekies om vanjaar aan die kompetisie deel te neem.
Die kompetisie sal beoordeel word deur ’n uitgelese paneel bestaande uit Prof Hubert van der Spuy, Dr Esthea Kruger en Prof Waldo Weyer. Dr Jannie Le Roux het as oudisiebeoordelaar opgetree.
Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, wat in 2011 gestig is, bied ’n gesogte platform aan jong musikante van 19 jaar en jonger om hul kunstenaarskap te ontwikkel, waardevolleverhoogervaring op te doen en op nasionale vlak mee te ding.
Die kompetisie open op Woensdag 21 Oktober, met ‘n uitvoering deur die 2025 wenner, Hermanus Schmidt, gevolg deur die eerste en tweede rondtes op Donderdag en Vrydag. Die semi-finale rondte vind op Saterdag plaas, waarna die finaliste op Sondag, 25 Oktober, in die finale rondte meeding. Rondte 1 tot 3 is gratis vir die publiek.
Die organiseerders sien daarna uit om die 43 deelnemers van regoor die land, hulonderwysers en families in Pretoria te verwelkom vir wat beloof om ’n opwindende vieringvan jong musikale talent te wees.
Advertisement
Event venue
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, 1/582 Hilden Rd, Tshwane, 0081, South Africa, Pretoria
Tickets
Discover more events by tag
Piano in PretoriaPerformances in PretoriaTournaments in PretoriaMusic in PretoriaEntertainment in PretoriaContests in Pretoria