#StayHappening
Wed, 04 Nov, 2026 at 08:00 pm to Thu, 05 Nov, 2026 at 08:30 pm UTC+02:00

JAN BLOHM: ‘Tot daar waar die lig is’

  • Die Boer · Durbanville
Die Boer Publisher / Host Die Boer
Share
JAN BLOHM: \u2018Tot daar waar die lig is\u2019
Advertisement
Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Jan Blohm bring sy nuutste produksie, 'Tot daar waar die lig is', na Die Boer Teater toe.
Hierdie besondere produksie neem gehore op ’n diep persoonlike en musikale reis deur meer as twee dekades se liedjies, stories en groei. Van die rou eerlikheid van Melkstraat Confessions, die ikoniese debuutalbum wat Blohm as ’n unieke stem in Afrikaanse musiek gevestig het, tot by sy nuutste en mees reflektiewe werk, 'Tot daar waar die lig is', word sy loopbaan met nuwe diepte en betekenis gevier.
In hierdie intieme vertoning verweef Blohm sy musiek met sy lewensverhaal. Gehore kan uitsien na nuwe liedjies uit sy jongste album, saam met bekende gunstelinge wat oor die jare deel van die Afrikaanse kultuurlandskap geword het. Met treffers, diep snitte en vars materiaal bring hy die volle spektrum van sy kunstenaarskap na die verhoog.
Elke lied dra ’n storie, van liefde, verlies en verlange tot soeke, hoop en lig. 'Tot daar waar die lig is' is meer as net ’n konsert; dit is ’n eerlike vertelling van waar Jan Blohm vandaan kom, wat hy deurleef het, en waarheen hy nou beweeg.
Gestroop, intens en opreg, soos net Blohm dit kan doen, beloof hierdie produksie ’n emosionele en kragtige ervaring waarin woorde en klanke saamvloei om twee dekades se Afrikaanse liedkuns te vier.
'Tot daar waar die lig is' is ’n moet-sien vir lojale aanhangers, sowel as vir almal wat glo dat musiek stories dra wat lank ná die laaste noot bly voortleef.
Advertisement

Event venue

Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa

Tickets
Concerts, fests, parties, meetups — all the happenings, one place.

Discover more events by tag

Ask AI if this event suits you

Keep the plans coming

More events in Durbanville

MIXTAPE

Sat, 14 Nov at 08:30 pm Die Boer

Durbanville is happening.

See everything else that’s on — concerts, markets, comedy and more.