#StayHappening
Sat, 28 Nov, 2026 at 03:00 pm UTC+02:00

HOORT met Stephanie Baartman | Die Centurion Teater

  • Die Centurion Teater · Centurion
Die Centurion Teater Publisher / Host Die Centurion Teater
Share
HOORT met Stephanie Baartman | Die Centurion Teater
Advertisement
🎭 HOORT
✨ met Stephanie Baartman
✨ Terug op populêre aanvraag!
’n Semi-outobiografiese kabaret wat jou sal laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk.
📅 Datum: Saterdag, 28 November 2026
🕒 Tyd: 15h00
💰 Kaartjies: R215
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/HoortNovCT26
HOORT vertel die storie van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ’n lewendige mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies kom sy tot die besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.
🏆 Wenner van die 2025 Stellenbosch Woordfees Woordtrofee vir Uitsonderlike Bydrae tot Kontemporêre Musiek: Klein Groepe.
⭐ Ná uitverkoopte vertonings en uitsonderlike terugvoer van gehore keer HOORT terug. Beskryf as “die beste show in jare”, “rou, eerlik en eg”, en geprys vir Stephanie Baartman se indrukwekkende verhoogpersoonlikheid en kragtige stem, is hierdie ’n produksie wat nog lank ná die laaste noot by jou bly.
Met: Stephanie Baartman & Coenraad Rall
Teks: Stephanie Baartman & Johann Slabbert
Regie: Elzabé Zietsman
Musiekregisseur: Janine Neethling
Pianis: Coenraad Rall
Samesteller: Johann Slabbert
Vervaardiger: Drama Drama
#HOORT #StephanieBaartman #CenturionTeater
Advertisement

Event venue

Die Centurion Teater, 123 Amkor Road,Centurion, Gauteng, South Africa

Tickets
Concerts, fests, parties, meetups — all the happenings, one place.

Discover more events by tag

Ask AI if this event suits you

Keep the plans coming

More events in Centurion

Centurion is happening.

See everything else that’s on — concerts, markets, comedy and more.