Advertisement
𝗩𝗼𝗲𝗹𝗴𝗼𝗲𝗱𝗘𝘃𝗲𝗻𝘁𝘀 ǀǀ 𝗩𝗲𝗿𝗷𝗮𝗮𝗿𝗱𝗮𝗴𝘃𝗶𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗲𝗻 𝗜𝗻𝘀𝗽𝗶𝗿𝗮𝘀𝗶𝗲𝘃𝗿𝗼𝘂 𝗧𝗼𝗲𝗸𝗲𝗻𝗻𝗶𝗻𝗴𝘀’n Viering van inspirasie, geloof en vroue met buitengewone stories! Kom vier saam met Voelgoed Media ’n besonderse mylpaal én help ons om Suid-Afrika se inspirerendste vroue te vereer.
’𝗻 𝗚𝗹𝗮𝗻𝘀𝗿𝘆𝗸𝗲 𝗣𝗶𝗲𝗻𝗸 𝗧𝗮𝗽𝘆𝘁-𝗴𝗲𝗹𝗲𝗲𝗻𝘁𝗵𝗲𝗶𝗱!
Voelgoed Media vier vanjaar 30 jaar van inspirasie, hoop en geloof – en vir die eerste keer word dié spesiale verjaardagviering saam met die 𝗜𝗻𝘀𝗽𝗶𝗿𝗮𝘀𝗶𝗲𝘃𝗿𝗼𝘂-𝘁𝗼𝗲𝗸𝗲𝗻𝗻𝗶𝗻𝗴𝘀 vir 2026 aangebied!
Dié feestelike geleentheid bring gewone vroue met buitengewone stories, glanspersoonlikhede, gaskunstenaars en VIP-gaste bymekaar. Die 𝗕𝗿𝗮𝘃𝗼!-𝘀𝗽𝗮𝗻 kuier saam, die pienk tapyt word uitgerol en ons vier God se trou en leiding deur die afgelope drie dekades.
Kuier saam met vanjaar se beoordelaars, 𝗩𝗲𝗻𝗲𝘀𝘀𝗮 𝗦𝗰𝗵𝗼𝗲𝗺𝗮𝗻, 𝗟𝗶𝗻𝗱𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗿𝘆𝗱𝗼𝗺, 𝗔𝗻𝗶𝗻𝗲 𝗪𝗮𝗹𝗹𝗮𝗰𝗲 𝗲𝗻 𝗥𝗲𝗻𝗲́ 𝗥𝗼𝘂𝘅, en vier die vroue wat ander se lewens op besondere maniere aanraak.
Hierdie is ’n mylpaalviering vol inspirasie en glans wat jy nie wil misloop nie!
Advertisement
Event venue
Monte de Dios Country Boutique Hotel, Carabella Cafe Restaurant, Tshwane, 0081, South Africa, Nellmapius
Tickets