Advertisement
Daanse Van Ekstase is ’n vrye-styl, somatiese daans-praktyk waarin musiek die uitnodiging word en jou liggaam die antwoord. Daar is geen choreografie, geen regte of verkeerde bewegings en geen vorige daans-ondervinding nodig nie. In ’n veilige ruimte kry jy toestemming om jou liggaam spontaan te laat beweeg—om te loop, draai, skud, strek, spring, sit, lê, lag of eenvoudig asem te haal. Hier hoef jy niks te kom bewys nie (Uiteindelik!). Jy word eenvoudig genooi om met jou liggaam te kom beweeg en luister🤩💝✅* DvE Saterdagmiddag
* 10! Oktober 2026!
* 7! November 2026!
* 5! Desember 2026!
* 4 - 6 pm elke keer.
* R100 / 150 / 200 pp
* R S V P = 0 8 2 5 6 2 1 8 9 2
Hoekom doen ons dit?
Ons leef deesdae mos hoofsaaklik vanuit ons koppe: ons beplan, presteer, vergelyk, verbruik en probeer beheer. Daanse Van Ekstase bied ’n Goue-Geleentheid om terug te keer na die liggaam en Haar onmiddellike wysheid. Deur spontane beweging kan ons spanning loslaat, emosies bewus ervaar en weer kontak maak met ons natuurlike lewenslus. Ons dans ook saam omdat menswees nie ’n alleenreis is nie. Gemeenskap, teenwoordigheid en gedeelde ritme herinner ons aan ons verbondenheid.
Wat kan die voordele wees?
Gereelde deelname kan liggaamsbewustheid, emosionele veerkragtigheid, selfuitdrukking, ontspanning, vreugde en ’n gevoel van behoort ondersteun. Dit kan ’n ruimte skep vir kreatiwiteit, speelsheid en persoonlike ontdekking. Die grootste geskenk is dalk eenvoudig dit: om vir ’n tyd lank minder "iets" te probeer wees, en meer natuurlik net 'n mens (volledig) te kom wees.
Bring jou nuuskierigheid! Bring jou hele lyf! Bring jou unieke menswees! Trek mooi en helder klere aan (Pers as jy kan vir hierdie keer). Geen ondervinding nodig nie! Alles is welkom! Almal is welkom!
Musiek >>> Vryheid <<< Gemeenskap
#jaaa
#vetpret
#doefdoef
#liefvirdielewe
#wildenwakker
#hemelopaarde
#lankmagonslewe
#afrikaanswildaans
Advertisement
Event venue
Joy Yoga Centre, 312 Springbokvlakte Rd, Tshwane, 0182, South Africa, Pretoria
Tickets
Discover more events by tag
Dance in PretoriaMindfulness in PretoriaParties in PretoriaPerforming-arts in PretoriaTrips-adventures in PretoriaTrekking in Pretoria