Advertisement
𝗝𝗬 𝗪𝗢𝗥𝗗 𝗚𝗘𝗡𝗢𝗢𝗜! Kom herdenk die dag saam met ons.Op 10 Oktober dink ons met dankbaarheid terug aan staatspresident Paul Kruger.
Krugerdag is nie net ’n historiese datum nie; dit is ’n geleentheid om stil te staan by die waardes wat hy nagelate het en om dit saam te vier. Die Krugergenootskap bestaan juis om hierdie erfenis lewendig te hou.
Ons wil die storie van ons verlede met respek en warmte oordra, sodat dit ook vir die volgende geslag betekenisvol bly.
Kom wees deel van die dag. Alle aktiwiteite is gratis!
Jou teenwoordigheid sal die viering ryker maak.
𝗗𝗜𝗘 𝗣𝗥𝗢𝗚𝗥𝗔𝗠: 𝗦𝗔𝗧𝗘𝗥𝗗𝗔𝗚, 𝟭𝟬 𝗢𝗞𝗧𝗢𝗕𝗘𝗥 𝟮𝟬𝟮𝟲
10:00 Kranslegging by die Heldeakker
11:00 Erediens, feesrede en verrigtinge by die Krugerkerk (Gereformeerde Kerk Pretoria)
12:30 Koffie en verversings
13:00 Kerkpleintoer
14:00 Gratis toer van die Krugerhuis (opsioneel)
Advertisement
Event venue
Gereformeerde Kerk Pretoria, Oorkant Krugerhuis,Pretoria, South Africa
Tickets