Advertisement
Herdenk saam met ons die betekenisvolle Geloftedag by die Voortrekkermonument.Kies jou ervaring:
1. Registreer vir Geloftedag
Jou registrasie help ons om:
✅ verkeer en parkering beter te bestuur
✅ genoeg sitplek en geriewe te beplan
✅ almal se ervaring so glad as moontlik te maak
2. Koop 'n snelrypakket:
Jou snelrypakket sluit die volgende in:
✅ Die gebruik van 'n spesiale toegangshek tot die terrein
✅ Veilige en nabye parkering
✅ 'n Trekleierblikbeker met boeretroos
✅ ‘n Botteltjie water
✅ ‘n Botteltjie koeldrank
✅ ‘n Vetkoek met geurige maalvleis
✅ ‘n Plastiekstoel om op te sit
Snelry gaste maak van die Noordhek se ingang, in Trichardtweg, gebruik om makliker op die terrein te kom. Die pakket moet op die dag tussen 06:00 en 08:30 afgehaal word. Geen pakkette gaan na die diens beskikbaar wees nie.
Wat mag jy saambring:
✅ Jou eie stoel
✅ Sambreel om son te blok
✅ Hoed, en sonskerm
Toegang op die dag bly gratis, maar registrasie is noodsaaklik vir logistieke beplanning.
Selfs al maak jy nie gebruik van die snelrypakket nie, vra ons dat jy vooraf registreer om toegang op die dag vinniger en makliker te maak.
Registreer vandag nog en wees deel van ’n historiese dag van geloof, erfenis en eenheid!
Advertisement
Event venue
Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria, 0002 Pretoria, South Africa
Tickets