Advertisement
Dis tyd! Nataniël maak weereens gereed vir sy jaarlikse Kerskonsert!Ná nog ’n onverklaarbare en uitputtende twaalf jaar op hierdie planeet, vergader ons vir DIE NATANIËL KERSKONSERT, ’n ervaring vol verhale en beeldskone musiek, nou al ’n tradisie!
Hierdie konsert met gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen en gewyde liedere, is ’n moet vir elkeen wat ’n heerlike, vervullende belewenis wil meemaak hierdie tyd van die jaar. Ons raak nostalgies, eerlik en hoopvol! Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
Heerlik, feestelik, geestelik, altyd stylvol! DIE NATANIËL KERSKONSERT is die perfekte geskenk om jou geliefdes mee te verras.
KAALKOPWINKEL! Boeke, kerse, cds, olies en keramiek! Doen al jou laaste Kersinkopies!
Geen kinders onder 14
90 minute
Geen pouse
Advertisement
Event venue
George Town Hall, York Street, George, 6529, South Africa
Tickets
Discover more events by tag
Christmas in GeorgeConcerts in GeorgeLive-music in GeorgePerforming-arts in GeorgeMusic in GeorgeFashion in George