Advertisement
✨ Hoërskool Schoonspruit bied met trots aan...✨Die 70 Legendariese Makietie
70 jaar se erfenis... 70 jaar se stories... 70 jaar se WERK, DIEN & LEWE. 🔥🪽
Maar by Schoonies weet ons... die storie eindig nooit nie. Nuwe generasies bring nuwe hoop, nuwe drome en nuwe toekomsplanne. Die fondasie wat gelê is, leef voort in elke Schoonie wat hier sy spore gelos het. 💙
Kom vier saam met ons 70 jaar van herinneringe, vriendskappe en trots in 'n egte plaasatmosfeer – op dieselfde grond waar 'n toekoms begin het, waar drome gegroei het en waar vriendskappe vir altyd gevorm is. 🌾✨
Maak reg vir 'n aand vol nostalgie, musiek en lekker kuier! Kom ontmoet vir Richann Brüssow, skree saam vir die Bokke 🇿🇦 en kuier saam tot die son opkom!
Aan al ons reünies... hierdie is julle aand. Ons beplan iets besonders om julle terugkoms onvergeetlik te maak. ❤️
Schoonies, kom huis toe... kom vier 70 jaar se vuur, vlerke en herinneringe saam met ons!🔥🪽
📅 21 November 2026
#Schoonie70 #WerkDienLewe #SchoonieTrots
Advertisement
Event venue
Leemhuis straat , 2573 Klerksdorp, South Africa, Klerksdorp, South Africa
Tickets