Advertisement
Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ‘n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Na baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ‘n appeltjie met mekaar te skil.Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorpspronklike “power couple” te vertolk - ’n klassieke geval van “he said, she said.” Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, die lief en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Opperman) glo ook nie hy’t dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers na sy tyd geskryf.
Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene saam maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.
Geen onder 13
Advertisement
Event Venue
Die Boer, 6 Chenoweth St, Durbanville, 7550, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.
![FRANCOIS VAN COKE - Die Boer, Durbanville[SOLD OUT]](https://cdn-ip.allevents.in/s/rs:fill:500:250/g:sm/sh:100/aHR0cHM6Ly9jZG4tYXouYWxsZXZlbnRzLmluL2V2ZW50czMvYmFubmVycy8xMWE5ODdiOWMyODRjNTU3NzA2M2U0MDRhZTU1YjY2MWYxOGM2NTJlNGVhMDBkMDA1YjBhNjNlYjA4Mjg1NGY3LXJpbWctdzEyMDAtaDgwMC1kYzkxYTJhZS1nbWlyP3Y9MTc3OTUwNjkwNg.avif)





