About this Event
AFRIKAANSE POPSTER-VIERTAL BINNEKORT IN AMSTERDAM
Kersfees kom vanjaar vroeg vir Nederlandse aanhangers van die Afrikaanse supersterre Ricus Nel, Brendan Peyper, Elandré en Liza Nel!
Dié bekende viertal se Afrikaans is Lekker-konsert sal vir SLEGS EEN AAND op Saterdag 24 Mei 2025 by die Theater Amsterdam in Nederland te sien wees.
Die GROOTSTE Afrikaanse Sokkie After Party sal ook na afloop van die konsert by die teater plaasvind.
Ricus Nel, Brendan Peyper, Elandré en Liza Nel is dit eens dat hulle slaggereed is om Nederlanders met hulle Afrikaanse treffers en egte Suid-Afrikaanse vriendelikheid te oorrompel.
Demi Lee Moore, Jo Black, Nataniël, Bok van Blerk en Karen Zoid het die afgelope drie jaar volgepakte konserte gehad in dié gewilde wêreldstad, waar derduisende Suid-Afrikaners tans ook ʼn heenkome vind.
Volgens Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo en organiseerder van die vertoning, is dit vir die maatskappy belangrik om in Afrikaanse musiekliefhebbers in Nederland se behoeftes te voorsien.
“Ons is baie trots op die konserte. Ons is ‘n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by Afrikaans.
“Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?”
“Daar is toenemende getalle Suid-Afrikaners wat in Nederland nesskop."
Want lekker is LEKKER en ons sien uit om jou daar te sien!
Event Venue & Nearby Stays
Theater Amsterdam, 5 Danzigerkade, Amsterdam, Netherlands
EUR 64.10 to EUR 111.28