Advertisement
🌸 ’n Dag van Genesing, Herstel en Hoop vir Vroue 🌸Kom beleef ’n besondere dag saam met ons—’n veilige en sagte ruimte waar elke vrou kan groei, herstel en weer hoop kan vind.
Hierdie seminaar is spesiaal ontwerp vir vroue wat ’n dieper begrip soek rondom trauma, trauma bonding, verskillende vorme van mishandeling, en veral die pad na ware genesing.
✨ Ons lei jou stap vir stap, met groot liefde en respek, maar ook met praktiese insig én geestelike ondersteuning, sodat jy nie net kan verstaan nie, maar ook vry kan word.
Elke deelnemer sal ’n opsommende handleiding ontvang, wat jou help om deur persoonlike refleksie en eenvoudige evaluasies jou eie ervaring beter te verstaan—met wysheid en deernis, nie oordeel nie.
💛 Jy sal ook ’n kosbare botteltjie salfolie ontvang—’n simboliese herinnering aan die Heilige Gees, ons Trooster, wat ons lei, versterk en genees op hierdie pad.
🍃 Ons sorg vir jou gemak:
’n Ligte middagete word voorsien
Koffie, tee en sap is deurentyd beskikbaar
Veilige parkering vir alle voertuie
🌿 Hierdie is meer as net ’n seminaar—dit is ’n ontmoeting met genesing, ’n plek waar jy gesien, gehoor en gedra word.
Jy is welkom, presies soos jy is.
Advertisement
Event Venue
Double Portion Ministries, Mikro Weg Rd,Orkney, South Africa, Klerksdorp
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.





