Advertisement
Een van die land se grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf is sekerlik JO BLACK! Met treffers soos Skepe, Bring die Hoop weer terug en Voel jy die genade het JO BLACK diep spore in Afrikaners se harte getrap.Vrydag 20 Maart het Wilgespruit die voorreg dat JO spore in ons gemeente en gemeenskap kom loop.
Vir slegs R200 'n kaartjie kry jy die geleentheid om na JO BLACK en sy band te kom luister by NG Wilgespruit.
Die program is soos volg:
18:00 Kan jy heerlike Boereworsrolle en Hamburgers in die saal kom koop en sommer daar ook geniet. Natuurlik sal ons ook iets vir pudding hê en daar sal 'n snoepie beskikbaar wees.
18:30 Open die deure en kan jy rustig jou plek inneem.
19:00 Begin die vertoning
Moenie bang wees nie, kontak ons dadelik om jou plek te bespreek:
Kerkkantoor: 011 764 2000 weekliks 08:00 - 12:00
Epos: [email protected]
Whatsapp: 083 436 3457
ALMAL is welkom om te bespreek.
Ons kan nie wag om die aand saam met jou te kuier nie.
Advertisement
Event Venue
h/v Wag-'n-bietjie en Mimosastrate, 1724, 1 Wag N Bietjie St, Roodepoort, 1724, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.






