Advertisement
’N DAG VAN ALTERNATIEWE AFRIKAANSE MUSIEK BY DIE HANGKLIP HOTELMaak gereed vir ’n onvergeetlike dag waar stories, kitare en ritmes bymekaarkom teen die pragtige kus van die Overberg. Die Hangklip Hotel se verhoog word vir een dag oorgeneem deur van die mees unieke stemme in alternatiewe Afrikaanse musiek.
Bacchus Nel bring sy rou, eerlike folk na die verhoog – liedjies wat sny tot by die been en stories wat lank ná die laaste noot nog saam met jou huis toe ry.
Churchil Naudé, wat deur Koos Kombuis beskryf word as “my gunsteling-rap-ster”, bring Kaapse energie en skerp lirieke. Hy bewys dat Afrikaanse rap nie Amerika hoef na te boots nie – ons eie taal en styl is meer as genoeg om die skare aan die beweeg te kry.
Akkedis is die mos die lekkerste dis! Arthur en Rudi, die Helderberg se legendariese tweeling, is al jare sinoniem met Afrikaanse rock. Met AJ Graham op bas gaan die verhoog behoorlik skud – dis rock soos dit bedoel is: hard, eerlik en vol energie.
Jackie & Riku Lätti van Die Wasgoedlyn bring die gees van ’n hele beweging saam met hulle. Riku is bekend vir liedjies soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief, en het saam met Die Wasgoedlyn dosyne albums opgeneem. Die Wasgoedlyn het oor jare ’n platform geword vir alternatiewe Afrikaanse musiek en verbind kunstenaars oor generasies – van legends tot nuwe stemme.
Kom beleef ’n aand van stories, rock, rap en folk – alles in Afrikaans
Advertisement
Event Venue
Hangklip Road, 7196 Pringle Bay, South Africa, 472 Hangklip Rd, Pringle Bay, 7196, South Africa, Nomzano
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.





