Advertisement
Hoofseun is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gegeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap; En ten spyte van die feit dat niemand daarvoor gevra het nie, stel Tollie die land bekend aan haar nuwe sokkie “treffer”. Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret! Skuus, mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het 'n growwe beenstruktuur.
TEKS: ANNE HIRSCH EN WYNAND KOTZE
MUSIEK: Loki Rothman
GEEN ONDER 18's
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Koelkamers, Waffle Wharf, Paternoster, 7381, South Africa,Paternoster, Western Cape, Darling
Tickets