Advertisement
Juan Boucher is bekend vir sy ongelooflike sukses op die verhoog en word beskou as een van die mees dominante kunstenaars in die Afrikaanse bedryf. Met meer as 60 miljoen kyke op sy musiekvideos alleen, het Juan 'n lojale aanhang wat honger is vir sy nuwe “reise”(musiek).In sy beskrywing van sy skyfproses, openbaar Juan sy passie vir skryf en musiek. Hy beskryf hoe die woorde hom oorval en hy gedrewe word om sy kitaar te gryp en te sing. Sy liefde vir musiek en gedigte is duidelik in elke noot en elke woord wat hy skryf. Vir hom is dit 'n plesier om sy musiek met mense te deel en om 'n emosionele verbinding met sy gehoor te maak.
In Juan se eie woorde:
“Ek is n skrywer van voor tot agter, ek raak honger om te skryf as die tyd te lank neem om nie by my kitare te sit en skryf nie dan jaag iets my, dit voel of ek altyd nog net iets wil vertel met ‘n kitaar in my arms. Ek kan dit nie help nie die woorde hang oor my en ek droom van dit as ek slaap. As ek iemand sien wat hartseer is dan wil ek skryf, as iemand glimlag wil ek skryf oor dit. As ek liefde sien of voel dan wil ek die kitaar gryp en sing oor dit. Dit is vir my vrek lekker om in boek winkels rond te loop en net tussen die Boeke rond te loop, ek kan die skrywers se oë op my voel. Ek is net eenvoudig lief vir musiek en gedigte en as ek die krag het om dit self te kan doen is dit net nog meer van 'n plesier vir my as ooit. Ek kan sorg vir my huis en my familie daarmee. Ons almal is versot op dit, as ek geskryf het en ons neem dit op dan sit ons almal styf teen die luidsprekers en geniet dit lirieke en melodie. Dit is wonderlik dat ek dit nog so diep binne in my het, dit vloei uit my uit en dit is hoekom ek dit doen, vir geen ander rede nie, ek doen dit om te “Connect” met mense.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Koelkamers, Waffle Wharf, Paternoster, 7381, South Africa,Paternoster, Western Cape, Darling
Tickets