Advertisement
Die Melkweg kan snags gesien word as ‘n dowwe gloeiende band wat ‘n boog oor die hemelruim span. Hoewel dit pragtig is, is ons uitsig daarvan met die blote oog baie beperk. Kom ontdek meer van ons “stad van sterre”, die skouspelagtige spiraalstruktuur en die enorme grootte daarvan. Ontdek die rol van donker materie en verken die kleurvolle stertrosse en gasnewels in die skyf van die Melkweg. Vlieg tot in die kern, waar ons eie super-massiewe gravitasiekolk is, en tot ver buite die Melkweg om die onlangs ontdekte Laniakea supertros rondom die Melkweg te aanskou. Reis tot in die verre toekoms om die onvermydelike botsing van ons Melkweg met ons naaste spiraal-buurman, Andromeda, te aanskou.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Navill Hill Planetarium, 86 Delville Dr, Bloemfontein, 9301, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.