Potjiekos Kompetisie

Sat, 16 May, 2026 at 08:00 am UTC+02:00

Van der Stel Street, 6820 Tulbagh, South Africa | Breede River

Huis Disa
Publisher/HostHuis Disa
Potjiekos Kompetisie
Advertisement
Hier volg die inligting in verband met die Potjiekos kompetisie!
Ete Kaartjies - R120
Besoekers - R20
Stap - R60
TWEE KATEGORIEË:
1. VRIENDE VAN HUIS DISA WAT NET KOS MAAK VIR DIE LEKKER EN NIE DEELNEEM AAN DIE KOMPETISIE NIE
2. DIE KOMPETISIE DEELNEMERS
16 Mei 2026 10h00, Huis Disa Binne Tuin
Inligting vir NIE KOMPETERENDE POTJIE VRIENDE:
1. Geen inskrywingsfooi.
2. Span kan uit enige getal lede bestaan.
3. Bestandele van potjie word deur span geborg (dit sluit rys/stampmielies en bykosse in).
4. Elke span moet ‘n pot voorberei wat 10 ruim porsies kan voorsien.
5. ‘n Span kan meer potte ook maak.
6. Deelnemers moet 10 kaartjies vir elke pot wat hy maak verkoop. Kaartjies R120 p/p
7. Kaartjiehouers ontvang 3 armbande by die ingang waarmee kos gekry kan word by 3 verskillende potjies van jou keuse. Eetgerei (Bakkies/vurkies) sal by ingang aan gaste gegee word.
8. Tafels en sitplek vir gaste word voorsien. Deelnemers moet hul eie voorsien.
9. Staanplekke is enige plek in die Huis Disa binne tuin.
10. Deelnemers kan besluit of hul vuur of gas wil gebruik.
11. Deelnemers moet hul eie tafel, kooktoerusting, stoele, sambrele of gazebo bring.
12. Braaidrom moet OP POTE STAAN (om die brand van gras te voorkom)
13. Stalletjie moet duidelik aandui (met plakaat) watter soort pot hulle bedien.
Reëls en inligting vir KOMPETERENDE DEELNEMENDE POTJIE SPANNE:
1. Als soos bostaande.
2. Span kan uit 2/4 lede bestaan.
3. Kompetisie deelnemers moet die naam van die span en soort pot met n duidelike plakaat aandui.
4. Kompetisie deelnemers se stalletjies moet voor 10h00 opgeslaan wees sodat spanne om 10h00 kan begin kook.
5. PRYSE aan: 1ste, 2de, 3de plek
SPESIALE PRYSE aan: Geesvang stalletjie, “People’s choice” en beste stalletjie décor
5.1 “Peoples choice” – Betalende gaste sal ‘n “token” kry by die hek om self te stem vir die beste potjie.
6. Voorbereiding en Tentoonstelling – u word op die volgende gemerk:
• Die metode wat gebruik word – hoe meer voorbereiding op die dag van die kompetisie gedoen word, hoe meer staan jy kans om te wen.
• Die stalletjie se vir kreatiwiteit, netheid (handwas stasie) en gees.
• ‘n poeding of drankie mag die telling beïnvloed
PRET STAP 2026:
4/5km @ R60 p/p
plus n Breakfast Bun
plus Toegang tot die Potjiekos Pret Dag Kinders onder 5jaar stap grates
Begin 8h00 stap!
Stap Kaartjies te koop by
Jo 082 462 3439
Antoinette 082 691 0020
Shanice 023 230 0245
Advertisement

Event Venue

Van der Stel Street, 6820 Tulbagh, South Africa, 45 Van der Stel Rd, Tulbagh, 6820, South Africa, Breede River

Tickets

Icon
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.

Ask AI if this event suits you: