Advertisement
Paasfees is ’n uitnodiging om saam stil te staan by die kruisiging van Jesus en te onthou wat Hy vir ons gedoen het. Dit is ook ’n tyd van hoop. ’n Tyd waar ons saam met ander gelowiges die nuwe lewe vier wat ons in Christus ontvang.1. GOEIE VRYDAG | 3 APRIL
Sluit Goeie Vrydag by ons aan vir PaasFest – ’n dag van refleksie, aanbidding en gemeenskap. Met inspirerende dienste, sielvolle musiek, gesinsvriendelike aktiwiteite en ’n interaktiewe Kruisstasies-ervaring, skep ons ruimte om die betekenis van die kruis op ’n dieper manier te beleef.
In-persoon dienste op Goeie Vrydag:
- 08:00 | Afrikaanse diens
- 09:30 | Engelse diens
- 11:00 | Afrikaanse diens
2. STILSATERDAG | 4 APRIL
Stilsaterdag is die dag tussen verlies en hoop, tussen wat geëindig het en wat nog nie begin het nie. ’n Dag waar die dissipels leef met vrae wat nog nie antwoorde het nie. Waar hulle leer om in stilte te wag.
StilSaterdag Retreat:
Ons spandeer die dag saam op Origins, waar ons deur gebed, refleksie en begeleide oomblikke nadink oor die tussen-in tye van die lewe en waar God ons daarin ontmoet.
StilSaterdag Belewenis op Kampus: Wys my die Weg by die graf
Die dag sal bestaan uit ’n ritme van begeleide gebed, Skriflesing en stilte. Registrasie begin om 8:30 op die Mosaiek-kampus, waarna daar tye vir kort orientasies, stilte, refleksie en gebed geskied.
3. OPSTANDING SONDAG | 5 APRIL
OpstandingSondag is ’n dag van vreugde en viering: Jesus het waarlik opgestaan!
Die oggend begin met twee dienste en daarna kuier ons saam op die Piazza, waar daar verskeie kosstalletjies en aktiwiteite vir die hele familie sal wees. Die dag word afgesluit met ’n spesiale PaasFest aanbiddingbelewenis in die Teatro om 17:00.
In-persoon dienste op OpstandingSondag:
- 08:30 | Afrikaanse diens
- 10:00 | Engelse diens
- 17:00 | PaasFest Celebration (Aanbiddingbelewenis)
Vir die volledige Paasnaweek program besoek www.mosaiek.com
Advertisement
Event Venue
1 Danielle St, 2170 Johannesburg, South Africa, 1 Danielle St, Randburg, 2170, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.





