Advertisement
Die regisseur van MOVE IT, Louis Drummond van Rensburg, voormalige departementshoof van Jazz & Popular Music aan die Tshwane University of Technology, is veral bekend vir sy verbintenis as lid en musiekregisseur van die Alabama Studentegeselskap, tromspeler en musiekverwerker van Noot vir Noot, stigterslid van die Musiekfabriek, klavierspeler en musiekverwerker van die orkes It Takes Four. Hy het gewilde produksies in die Staatsteater die lig laat sien, o.a. Big Band Jazz Galas, Razzle Dazzle Jazzmatazz en Jazz Rock Ensembles.Vir die eerste keer word MOVE IT, A Cliff Richard & The Shadows Celebration, in die Fairtree Atterbury Teater opgevoer met die gewilde sanger en aanbieder GP van Rheede van Oudtshoorn, kitaarspeler Dirk Schwenke, It Takes Four en agtergrondsangers.
Bekende liedjies soos o.a. The Young Ones, Congratulations, Summer Holiday, Lucky Lips, Bachelor Boy, F.B.I. Foot Tapper, Kon-Tiki, Apache en vele meer sal gehoor kan word.
Hierdie vertoning is ‘n moet vir Cliff Richard en Shadows aanhangers.
Advertisement
Event Venue
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.





