Mel die Storieverteller - NG KERK PETRUS STEYN - Chaos is Gratis

Sat, 30 May, 2026 at 09:30 am UTC+02:00

Mamafubedu (Petrus Steyn) | Bethlehem

MDS Management
Publisher/HostMDS Management
Mel die Storieverteller - NG KERK PETRUS STEYN - Chaos is Gratis
Advertisement
Petrus Steyn, Mel die Storieverteller kom kuier by julle met haar splinternuwe praatjie, Chaos is Gratis! Bring jou vriendinne, niggies, tannie's en jouself en kom kry lekker inspirasie! Die oggend word aangebied deur JA Malherbe by NG Kerk Petrus Steyn.
Mel die Storieverteller is 'n komediant en skrywer met ‘n agtergrond in die onderwys, vermaaklikheidsbedryf en teater. Gehore is gaande oor Mel omdat sy sonder vrees sê wat ons almal dink. Haar praatjies is impakvol omdat sy humor verweef met diep en dikwels uitdagende onderwerpe. Haar eerlike, egte benadering maak haar ’n inspirasie vir baie vroue.
In haar kenmerkende styl van eerlikheid, humor en storievertelling bring Mel die Storieverteller vir ons, “Chaos is Gratis” - ’n verfrissende kyk na die lewe van ‘n vrou en hoe om in die middel van absolute chaos jou eie reëls te begin skryf. Want wie het nou anyway die reëls vir die vrou geskryf en hoekom volg meeste van ons dit blindelings?
Erens tussen vuil wasgoed, werk WhatsApp groepe, opgemaakte reëls, verhoudingsdrama en ‘n side hustle is ‘n vrou wat net wil wees wie sy is! ‘n Vrou wat moeg is vir ‘jy moet’ en reg is vir ‘ek kies’. Die druk ‘to have it all’ kom van alle kante; kontrasterende advies en opinies van hier en daar maak ons meer deurmekaar as ooit. Of jy nou vasgevang voel in verwagtinge of moeg is vir perfek speel, dit is tyd om:
- Jou eie definisie van vrouwees te skep
- Reëls te herskryf sodat dit inpas by jóú lewe en egtheid
- Jou identiteit en stem terug te vat – sonder verskonings
- En met selfvertroue jou plek in jou eie storie terug te vat
Chaos mag gratis wees… maar jou vrede en jou waarheid is prysloos.
Tydsduur van aanbieding: ±45 minute
Venue: NG Kerk Petrus Steyn
Adres: 25 Groenewald Straat, Petrus Steyn
Kaartjieprys: R220pp - n ligte ete is ingesluit
Tyd: 09:00 vir 09:30
Tema: Denim en patrone (luiperd, kolle, strepe, zebra, blomme)
Kaartjies beskikbaar: JA Malherbe Skoolkantoor
Navrae: Jalet Rautenbach - 078 803 5076
Advertisement

Event Venue

Mamafubedu (Petrus Steyn), Petrus Steyn, Bethlehem, South Africa

Tickets

Icon
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.

Ask AI if this event suits you: