Advertisement
Dames van Langebaan, daar word n heerlike oggend beplan vir julle saam met Mel die Storieverteller! Nooi al jou vriendinne en kom geniet die oggend - Bring die kleur, bring die pret (wees jou eie chaos!)Mel die Storieverteller is 'n komediant en skrywer met ‘n agtergrond in die onderwys, vermaaklikheidsbedryf en teater. Gehore is gaande oor Mel omdat sy sonder vrees sê wat ons almal dink. Haar praatjies is impakvol omdat sy humor verweef met diep en dikwels uitdagende onderwerpe. Haar eerlike, egte benadering maak haar ’n inspirasie vir baie vroue.
In haar kenmerkende styl van eerlikheid, humor en storievertelling bring Mel die Storieverteller vir ons, “Chaos is Gratis” - ’n verfrissende kyk na die lewe van ‘n vrou en hoe om in die middel van absolute chaos jou eie reëls te begin skryf. Want wie het nou anyway die reëls vir die vrou geskryf en hoekom volg meeste van ons dit blindelings?
Erens tussen vuil wasgoed, werk WhatsApp groepe, opgemaakte reëls, verhoudingsdrama en ‘n side hustle is ‘n vrou wat net wil wees wie sy is! ‘n Vrou wat moeg is vir ‘jy moet’ en reg is vir ‘ek kies’. Die druk ‘to have it all’ kom van alle kante; kontrasterende advies en opinies van hier en daar maak ons meer deurmekaar as ooit. Of jy nou vasgevang voel in verwagtinge of moeg is vir perfek speel, dit is tyd om:
- Jou eie definisie van vrouwees te skep
- Reëls te herskryf sodat dit inpas by jóú lewe en egtheid
- Jou identiteit en stem terug te vat – sonder verskonings
- En met selfvertroue jou plek in jou eie storie terug te vat
Chaos mag gratis wees… maar jou vrede en jou waarheid is prysloos.
Tydsduur van aanbieding: ±45 minute
Venue: Kapstadt Brauhaus Langebaan
Adres: 1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Kaartjies:
Algemeen - R250
VIP - R350
VVIP - R450
Deure open: 11:00
Mel begin: 12:30
Kaartjies beskikbaar: [email protected]
Navrae: 022 772 0302
Trek aan om jouself uit te druk en omhels jou innerlike Mel!
Advertisement
Event Venue
Langebaan, 5 Kelly's Grn, Milnerton, 7441, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.







