Advertisement
Dames, kom geniet n heerlike aand van lekker lag by Hoërskool Waterkloof ten bate van hulle Krieket saam met Mel die Storieverteller. In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Hoërskool Waterkloof Ouditorium
Adres: C/O Boeing St &, Solomon Mahlangu Dr, Erasmuskloof, Pretoria, 0048
Kaartjieprys: R450pp /R4500 per tafel van 10. Sluit wyn en n ligte ete in.
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 19h00
Kaartjies beskikbaar by: Valerie - 082 510 8718
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Hoërskool Waterkloof, Hoerskool Waterkloof, 31/469, Tshwane, 0181, South Africa, Pretoria