Advertisement
Aardklop - julle wil beslis nie die duo misloop nie! Komediant Mel die Storieverteller en sangeres Corlea span kragte saam in ’n vertoning vol humor, hart en musiek by Aardklop. Die tema is universeel: troues – dié broeiplek van familie-skandale, ongewone tradisies en soms twyfelagtige dekorbesluite.
Met humoristiese staaltjies uit Mel se eie trou- en wittebrood album en Corlea se indrukwekkende stem wat geliefde bruilofsliedjies lewer, word hierdie ’n viering van alles wat troues onvergeetlik maak.
Dié twee vroue hou niks terug nie – van gastelyste en spanks tot of geld regtig styl kan koop. Moet net nie ’n duet soos “Tant Koek se Hoenderhaan” verwag nie maar jy kan beslis uitsien na lekker lag, ’n verrassing of twee en heerlike samesyn.
Bring jou humorsin en luister sommer na die Grease-medley onderweg – want hierdie vertoning gaan beslis jou nuwe gunsteling trou-“herinnering” word.
Venue: Laerskool Mooirivier
Adres: Molen St, Bult, Potchefstroom, 2520
Kaartjieprys vanaf: R180
Vertoning 10 Oktober: 19h30
Vertoning 11 Oktober: 13h30
Kaartjies: https://aardklop.co.za/2025/06/05/trou/
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Laerskool Mooirivier, Cnr Thabo Mbeki & Esselen Street,Potchefstroom, South Africa
Tickets