Advertisement
"Kerstfees" is nie 'n spelfout nie! Dis die Nederlandse spelling wat "Christusfees" beteken, en dis die perfekte naam vir hierdie geleentheid.Weltevreden se legendariese pizzas en wyn (en ander drankies) sal beskikbaar wees, so kom geniet dit saam met ons. (Onthou net dat eie kos en drank nie toegelaat word nie.)
Kaartjies is net R50 per volwassene en kinders onder 12 kan gratis bywoon. Bring sommer al jou familie en vriende saam om hierdie unieke ervaring te deel.
'Kerstfees' kruip nader en ons gaan weer kuier op Weltevreden se grasperk met lekker musiek, Pizzas en wyn. Kaartjies is op die www.invia.org.za beskikbaar teen R50 pp (kinders onder 12 kan gratis bywoon).
Ons vra jou hulp om skryfbehoeftes / skoonmaak-items / sweets in te samel vir ons Kersfees uitreik-aksies. Hierdie spesifieke (S-S-S) items sal uitgedeel word aan kinders in ons omliggende omgewings waarby ons betrokke is met ons verskeie aksies om hulle Kersfees spesiaal te maak:
1. Skryfbehoefte pakkies vir kinders wat na Gr. 1 gaan (kleurpotlode, lineaal, gom, skêr, potloodsakkies...)
2. Skryfbehoefte pakkies vir kleuterskool kinders (groot vetkryte, papier, verf, gom)
3. Skoonmaak-items (tandepasta, deodrant, waslap, seep ens.) / lekkergoed (enige pakkie ‘sweets’ of sjokolade) vir Vineyard Kinderhuis kinders se kersbokse.
Ons kan nie wag om jou daar te sien nie! Onthou jou kampstoel, jou geskenk, en jou beste singstem!
Datum: 24 November 2024
Tyd: 18:00 vir 18:30 (ons sal teen 19:45 klaar wees).
Plek: Weltevreden Estate Grasperk
Toegang: R50 volwassenes (kinder sonder 12 gratis)
Kom en laat jou stem verreis—dis mos waarvoor Kersfees gaan!
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Weltevreden Wine Estate, Weltevreden Retief Residence, X16, Stellenbosch, 7600, South Africa,Stellenbosch, Western Cape
Tickets