Advertisement
Hier is `n wonderlike geleentheid waar gesinne op `n bekostigbare uitstappie naby die huis kan gaan. Dis `n oggend vol pret en heerlike kos teen billike pryse. Daar is heerlike KOSSTALLETJIES: Worsbroodjies, Hoender & Rump Sosaties, Chip & Dip, Roosterkoeke met “Pulled Beef” & Gerookte hoender vulsel, Pap & Kaiings, Kerrie & Rys, Poedings en Pannekoeke.
Kom loer in by ons FIL-I-PENSE DELI waar jy die volgende kan kry; heerlike tuisgemaakte gebottelde produkte bv.; Konfyte, slaaie, groentes en souse. Daar gaan ook tuisgebakte koek, terte, brode en nog baie meer wees.
Daar is heelwat pret vir die Kids: Om 11:00 is KINDERTEATER met TANNIE CHRISTENE, sy kom die kinders bedien met kinderstories en saam-sing & dans liedjies.
Met `n Paspoort vir slegs R30 kan jy 12 FUNKY KARNAVAL SPELETJIES speel en daar is oulike pryse om te wen. Daar is ook Reuse Opblaas rollers waarin jy kan klim en rol net vir die pret. Skyfskiet, Springkasteel, Gesiggie verf en Reënboog hare is nog vermaak wat beskikbaar is.
Die kinders kan vir slegs R40 deelneem aan `n KIDS KREATIEWE KLAS: BORREL & BLOM 9:30-10:30 - Hulle gaan kreatief raak met papier en akriel filtpenne. Hiervoor moet julle voor die tyd registreer by Hesme: 082 632 8337.
Kom loer ook na al die oulike VLOOIMARK STALLETJIES wat gaan kom uitstal. Jy kan `n stalletjie bespreek by die Kerkkantoor by: 012 331 2844.
Bring jou hele familie en vriende saam, daar is Kuiertente waaronder julle heerlik kan saam kuier.
Advertisement
Event Venue
645 Ben Swart St, 0084 Pretoria, South Africa, 645 Ben Swart St, Tshwane, 0084, South Africa, Pretoria
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.











