Jou Ma Se Platespeler - Oos-Londen, Woe 22 April 2026

Wed, 22 Apr, 2026 at 06:00 pm UTC+02:00

Summit Lifestyle Event Centre | Khambashe

Jou Ma Se Platespeler
Publisher/HostJou Ma Se Platespeler
Jou Ma Se Platespeler - Oos-Londen, Woe 22 April 2026
Advertisement
Nadat Oos-Londen onlangs ons Amy Winehouse huldeblyk vertoning geniet het was daar 'n groot aanvraag vir ons Afrikaanse produksie wat tans Suid-Afrika se kunsfeeste vermaak.
Ons het julle gehoor!
Kom kuier saam met ons op Woensdag 22 April by Summit Lifestyle Centre en geniet 100 jaar se puik Afrikaanse musiek in "Jou Ma Se Platespeler." Van "seven singles" tot kassette toe, walkmans, CDs, IPads en Spotify - dis alles hier: die geskiedenis van die Afrikaanse kunstenaar vanuit die perspektief van die nederige platespeler.
And if you're English, this show will remind you how Afrikaans you are.
Treffers deur (onder andere) Laurika Rauch, Bles Bridges, David Kramer, Johannes Kerkorrel en Karen Zoid sal jou vermaak en dwing om saam te sing, met 'n storielyn wat jou geheue sal roer en 'n lag of twee laat ontsnap.
Kaartjies R100pp beskikbaar by Kerry op 082 327 0627
Deure maak 6nm oop; vertoning begin 7nm (vertoning duur ongeveer 2 ure met 'n pouse).
Kroeg en kos beskikbaar.
Lees die resensies hier:
https://www.litnet.co.za/mandela-bay-arts-festival-n-resensie-van-jou-ma-se-platespeler/
Ek het "down memory lane" gegaan …. van liedjies wat oupa op 'n Sondag op die platespeler vir ons gespeel het, tot waar ek en boetie baklei het oor wie se kasset in die motor gespeel gaan word oppad skool toe (gelukkig het ons "walkmans" gekry om daardie probleem op te los!), tot waar pappa sy Smokey en Billy Joel op Hoërskool koshuis (daarna op CD’s) vir 2 ure elke Vrydag en Sondag gespeel het, vir 5 jaar. Die goeie ou tye saam met familie en vriende. Ons jonger generasie neem nie altyd in ag hoe spesiaal en uniek ons Afrikaanse moeder taal is nie. Vanaand was ons Afrikaanse musiek kultuur, van begin tot einde, aan die brand, uitstekend. Weereens baie dankie. Dankbaar en so bevoorreg.
- Elmica Terblanche, Stilbaai
Dit was voorwaar ‘n treffende aand! Die musiek-keuses was tops, die kunstenaars uiters bekwaamd, en my Afrikanerbloed bruis in my are!
- Saskia, Sedgefield
‘n twee-ure voelvlug van amper 100 jaar se Afrikaanse musiek; ‘n vertoning wat oud en jonk kan geniet. Die storielyn maak die vertoning meer as bloot net ‘n replica van Afrikaanse treffers. Hulle sangtalent gekombineer met Kerry se baskitaar, Rob se akoustiese en elektriese kitare en Kristo se tromme gee nuwe lewe aan ou bekendes. ‘n Vertoning wat jy nie moet misloop nie.
- Fire Roasted Coffee, Albertinia
Wat ‘n energieke en talentvolle groep jong musikante om te kon geniet en waardeer gisteraand! Elkeen meesters met hul instrumente! Hulle het die gehoor op ‘n chronologiese toer deur Afrikaanse musiek oor die jare geneem. Van 1930 tot 2024. Van Chris Blignaut tot Karen Zoid. Deur al die fases, bewegings en genres in die musiekwêreld van die taal. Die vertolking van elke kunstenaar se werk skitterend aangebied. Hierdie was ‘n onvergeetlike ervaring, 'n opwindende belewenis!
- Chris Jooste, Somerset-Wes
Rob tokkel die kitare met 'n passie en perfeksie. Kerry het 'n ongelooflike klokhelder warm en ryk stem. Kristo speel die dromme met soveel intensiteit en tog sensitiwiteit dat jy nie kan help om jou voete te wikkel nie. 'n Trio wat nog groot musikale hoogstes kan bereik. Ek hoop hulle kry die erkenning wat hul verdien. 'n Program wat absoluut waarde vir geld was. Die storielyn was treffend met 'n komiese kinkel op die regte tye. Hoogs aanbeveel.
- Charmaine Rossouw, Somerset-Wes
Good singing and music. – enjoyed the nostalgic and humorous trip to South Africa’s past as only Afrikaans can capture, thank you
- anon


Advertisement

Event Venue

Summit Lifestyle Event Centre, N6, 700m from Merrifield circle,Beacon Bay, Eastern Cape, South Africa, Khambashe

Tickets

Icon
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.

Ask AI if this event suits you:

More Events in Khambashe

7tth Annual Freedom to Run
Sat, 25 Apr at 06:00 am 7tth Annual Freedom to Run

Beacon Bay Country Club

Pinecreek Market
Sun, 26 Apr at 10:00 am Pinecreek Market

Pinecreek Restaurant & Farmstall

\u2022\tWardrobes \u2022 Kitchens \u2022 Ceilings
Thu, 30 Apr at 08:00 am • Wardrobes • Kitchens • Ceilings

Eastern Cape,Mthatha

Gonubie Primary School Colour Dash community run\/walk
Sat, 09 May at 02:00 pm Gonubie Primary School Colour Dash community run/walk

Gonubie Primary School

Khambashe is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Khambashe Events