Advertisement
Lieflike Droom – Huldeblyk aan Gé KorstenMet hierdie musiekproduksie bring Jannie Moolman en Riaan Hunter hulde aan die grootste Suid-Afrikaanse kunstenaar van alle tye (soos aangewys deur Rapport lesers), Gé Korsten. Die produksie vertel die storie van die liefling-legende se lewe en die gehoor word bederf met 17 van Gé se grootste treffers en nuwe musikale verwerkings in verskillende style. ’n Visuele kaleidoskoop van foto’s, videomateriaal en uittreksels uit flieks ondersteun die briljante, groot en meesterlike vertolkings van die immerbekende wysies deur Jannie en Riaan. Om ’n keuse te maak uit die skatkis van musiek wat Gé Korsten agtergelaat het, is byna ’n onbegonne taak maar die gehoor kan uitsien na onder andere Lieflike Droom, 1000 Soene, Sing Seeman Sing, Hier is ’n Mens en natuurlik sal Lied van die Lewe, Seeman, Liefling en Jerusalem gehoor word.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets