Advertisement
Hierdie gewilde musikant, met sy sjarmante, energieke verhoogpersoonlikheid en indrukwekkende vieroktaafstem, het oor die afgelope drie dekades diep spore in die plaaslike en internasionale musiekbedryf getrap, en is net so deel van die Afrikaanse kultuur soos biltong en koeksisters. Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte behaal, waaronder 4 enkelsnitte, 27 albums, waarvan 6 goue, 4 platinum & 1 Diamand -status bereik het, ’n Aitsa-toekenning in 2019, talle radiotreffers, asook optredes op verskeie groot en gewilde musiekverhoë, waaronder Innibos, Afrikaans is Groot en Lexus Pop Classics. Met ’n uitgebreide repertoire, wat strek oor sewe tale, het hy ook reeds internasionaal naam gemaak en het hy, onder andere, die geleentheid gehad om saam met die country-sanger, Kip Moore, ’n verhoog te deel. As veelsydige musikant, wat nie net sing nie maar ook verskeie instrumente kan speel, is hy net so gemaklik tydens ’n uitverkoopte stadion vertoning as rondom ’n intieme bosveldvuur met uitgesoekte gaste. Maar nou is dit jou kans om saam met hom en sy twee stuk orkes te kuier waar hy van die ou gunstelinge deel tot in met die nuwes. Gaan dit jy en jou vriende wees wat saam Ruhan kuier?
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets