Jannie du Toit - Kunstefees in die Kleine | Die Centurion Teater

Fri Apr 17 2026 at 07:30 pm to 08:45 pm UTC+02:00

123 Amkor Road, 0157 Centurion, South Africa | Centurion

Die Centurion Teater
Publisher/HostDie Centurion Teater
Jannie du Toit - Kunstefees in die Kleine | Die Centurion Teater
Advertisement
JANNIE DU TOIT SE KUNSTEFEES IN DIE KLEINE
In samewerking met Pretoria FM
✨ 5 vertonings | 1 naweek | ’n Viering van 55 jaar op die verhoog
Die Kunstefees in die Kleine keer terug na Die Centurion Teater van Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 met ’n besondere musikale viering: vyf unieke verhoogproduksies deur Jannie du Toit ter viering van sy 55 jaar op die professionele verhoog.
📅 Datums: Vrydag 17 – Sondag 19 April 2026
🕒 Tye: Verskil per vertoning (sien volledige program)
💰 Kaartjies: R210pp (Vir een vertoning)
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/KunstefeesInDieKleine26CT
🎟️ Spesiale afslag vir meer as 1 vertoning (tot en met 50%)!
Vir besprekings van MEER AS 1 vertoning:
📲 WhatsApp Die Centurion Teater: 063 376 4982
Na ’n uiters suksesvolle Benelux-toer in 2025, bied hierdie fees ’n seldsame geleentheid om een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde liedkunstenaars in vyf uiteenlopende gedaantes te beleef. Al vyf produksies is nog nie voorheen op televisie uitgesaai nie en word spesiaal oor hierdie naweek opgeneem met die oog op uitsending.
🎶 Volledige Program:
• Vrydag 17 April – 19h30: Margaretastraat
• Saterdag 18 April – 11h00: Ramkietjie
• Saterdag 18 April – 15h00: De Wals van de Liefde
• Saterdag 18 April – 19h30: Luister na die Liedjies
• Sondag 19 April – 15h00: Oppiekitaar
🎟️ Kaartjiepryse:
• 1 vertoning: R210 per kaartjie
• 2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning
• 3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning
• 4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning
• Al 5 vertonings: R110 per kaartjie per vertoning

Die fees open met Margaretastraat, ’n nostalgiese herlewing van die ikoniese liedjie-aande van die vroeë 1980’s. Saterdag bied drie kontrasterende musiekteaterervarings, en die fees sluit af met Oppiekitaar — ’n intieme solo-aanbieding waarin Jannie se liedkuns, kitaarspel en digterlike tekste sentraal staan.
Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende en intieme musiekteaterervaring vir fynproewers en liefhebbers van Afrikaanse en Nederlandstalige musiek.
#KunstefeesInDieKleine #JannieDuToit #CenturionTeater
Advertisement

Event Venue

123 Amkor Road, 0157 Centurion, South Africa, 121 Amkor Rd, Centurion, 0157, South Africa

Tickets

Icon
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.

Ask AI if this event suits you:

More Events in Centurion

MUSTANG 62 Business Run Around - Friday 17 April 2026
Fri, 17 Apr at 08:00 am MUSTANG 62 Business Run Around - Friday 17 April 2026

Die Hoewes, 0157 Centurion, South Africa

Stang Stampede - World Record Attempt for Charity
Sat, 18 Apr at 06:00 am Stang Stampede - World Record Attempt for Charity

Zwartkop Saaf Museum

Overland 4x4 Fitments Grand Opening
Sat, 18 Apr at 09:00 am Overland 4x4 Fitments Grand Opening

52 Jakaranda Street, hennopspark , 0172 Centurion, South Africa

The Peasant's Ball
Sat, 18 Apr at 04:00 pm The Peasant's Ball

Cor's Diner

Nimmerfees aangebied deur die Aardskinders & Joshua na die Re\u00ebn | 19 April 2026
Sun, 19 Apr at 12:00 pm Nimmerfees aangebied deur die Aardskinders & Joshua na die Reën | 19 April 2026

87 Jim Van Der Merwe St, 0157 Centurion, South Africa

Fireman Group
Thu, 23 Apr at 08:00 am Fireman Group

1055 Henri Road, Eldoraigne, Centurion, South Africa

Neon & Glow Mandjie Dans
Sat, 25 Apr at 07:00 pm Neon & Glow Mandjie Dans

Polsslag Voortrekkers

Centurion is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Centurion Events