Advertisement
🎠HOORT✨ ’n Semi-outobiografiese kabaret met Stephanie Baartman
’n Kabaret wat jou sal laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk.
đź“… Datum: Vrydag, 24 April 2026
đź•’ Tyd: 19h30
đź’° Kaartjies: R215
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/HOORTct26
HOORT vertel die storie van Stephanie — die dogter van twee pastore — wat haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ’n lewendige mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies kom sy tot die besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.
🏆 Wenner van die 2025 Stellenbosch Woordfees Woordtrofee vir Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe.
Met: Stephanie Baartman & Coenraad Rall
Teks: Stephanie Baartman & Johann Slabbert
Regisseur: Elzabé Zietsman
Musiekregisseur: Janine Neethling
Pianis: Coenraad Rall
Samesteller: Johann Slabbert
Vervaardiger: Drama Drama
#HOORT #StephanieBaartman #CenturionTeater
Advertisement
Event Venue
Die Centurion Teater, 123 Amkor Road,Centurion, Gauteng, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.






