HELENA HETTEMA IN KABARET met Marelize Koch (pianis)

Tue, 11 Mar, 2025 at 08:30 pm UTC+02:00

Die Boer | Durbanville

Die Boer
Publisher/HostDie Boer
HELENA HETTEMA IN KABARET met Marelize Koch (pianis)
Advertisement
SAMA genomineerde en Geraas toekenning wenner, Helena Hettema, sangeres, liedjieskrywer en aktrise is op 11 Maart 2025 weer op die planke by ‘Die Boer’.
Dié betowerende kunstenaar, wat soms as ‘n ‘ musikale enigma’ beskou word, vier haar opwindende verhoog loopbaan en herleef die nostalgie van vervloë dae met die musiek van die groot divas soos Marlene Diettrich, Shirley Bassey en Doris Day met ”Lili” , “Never, Never” en “Que Sera, Sera”.
Helena gee nuwe lewe aan Edith Piaf, die ‘mossie van Parys’ se tydlose Franse chansons soos “La vie en rose”, L’Accordeoniste” en “Non, je ne regrette rien” waarvoor sy dekades lank bekend is.’n Hoogtepunt van haar loopbaan was optredes met die CTSO (Kaapstadse Simfonie Orkes) onder die stok van Gerard Korsten en AlanStephenson.
Die ambience word versterk met liedjies uit die geliefde blyspele soos “Les Miserables” en “Fiddler on the roof”. Hierdie liedjies verskyn op Helena se jongste DVD – “Divine – a tribute to the Divine Divas and Magical Musicals” - geskiet tydens COVID-19.
Geliefde Afrikaanse digters soos Toon van den Heever en Antjie Krog herleef met Helena se weergawe van “In die Hoëveld “ en “Mama” terwyl sy haarself begelei op haar eie liedjie “Die trein het jou kom haal”.
Sy gee ‘n blik op haar digbundel – “Journeyman – ‘n Digter ontbloot” wat later vanjaar gaan verskyn met gedigte wat universele temas behels soos, vroeë dae, ontwaking, die liefde, verlies, die dood , die uitgeworpenes en sosiale kommentaar. Die gedigte word met oorspronklike werk van bekende Suid-Afrikaanse skilders en fotograwe geïllustreer soos die beroemde Dirk Meerkotter, die kleurryke Elsa Cornelissen, waterverf van Bronwen Schalkwyk, Trevor Lloyd-Evans en Alastair Findlay en meelewende fotograwe soos Thys van der Merwe, Neville Petersen and Nico Degenaar
Helena word begelei op klavier deur die briljante Marelize Koch wat saam met haar opgetree het by die “Oppiwater Kustefees”.
Helena sing in Engels, Afrikaans, Vlaams, Nederlands en Italiaans en in hierdie optrede val die kollig op Nederlands en haar eie afkoms met “Gabriella’s song” uit die film “As it is in heaven” en “La Mamma” bekend gemaak deur die befaamde Nederlandse Cory Brokken.
Perskommentaar: www.helenahettema.com
“… and boy can she sing … Hettema has a voice that ranges from crushed silk to wet gravel and she uses it with sensitivity and skill…great opportunity to see one of South Africa’s finest performers in action.” Peter van der Merwe – Pretoria News.
“Sy sny dieper as die vel…” Martjie Roos – Beeld.
“ Helena is one if SA’s most accomplished cabaret artists … album can be commended for its superb quality of fine musicianship. Her Piaf playfully included a SA feel as the Soweto String Quartet adds a delightful Kwela twist.” - Classic Feel
“Sy het haar eie stem gevind, ‘n klank en versameling wat reg aan haar vermoëns laat geskied, tog is dit met haar eie musiek en lirieke wat sy die meeste beïndruk.” – Mariana Malan ­ - Die Burger/Beeld. “
“Daar is baie sangeresse, maar min vertolkers.” CJtheDJ - Vrouekeur
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa

Tickets

Sharing is Caring:

More Events in Durbanville

TASCHE & MATTHEW DUNCAN (kitaar)
Fri, 14 Mar, 2025 at 08:30 pm TASCHE & MATTHEW DUNCAN (kitaar)

Die Boer

MARION MONROE met MARION HOLM
Sat, 15 Mar, 2025 at 08:30 pm MARION MONROE met MARION HOLM

Die Boer

MARION MONROE met MARION HOLM (Middagvertoning)
Sun, 16 Mar, 2025 at 02:01 pm MARION MONROE met MARION HOLM (Middagvertoning)

Die Boer

DAN PATLANSKY \/\/ ME, MYSELF & MY STRAT \/\/ DIE BOER
Tue, 18 Mar, 2025 at 08:30 pm DAN PATLANSKY // ME, MYSELF & MY STRAT // DIE BOER

Die Boer

Durbanville is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Durbanville Events