Advertisement
Ná die sukses van Nataniël se jaarlikse Kerskonserte, sit hy hierdie heerlike tradisie hierdie jaar voort met sy terugkeer uit Frankryk, wel vir die eerste keer by NG Tygerpoort in Shere, Pretoria, ook op ’n latere datum, Sondag 22 Desember om 16:00!Hierdie konsert met gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en gewyde liedere is ’n moet vir elkeen wat ’n heerlike, maar ook vervullende ervaring soek tydens hierdie spesiale tyd van die jaar. Ons raak ontslae van die bagasie van nog ’n dolle jaar, haal asem, beloer die feite, sê dankie en sien uit na ’n nuwe tyd.
Nataniël deel die verhoog met pianis Charl du Plessis en orrelis Ockie Vermeulen.
Feestelik, vertroostend, dramaties, opwindend, skreeusnaaks en tydloos, DIE NATANIËL KERSKONSERT is die perfekte geskenk om jou geliefdes mee te verras.
KAALKOPWINKEL in die foyer! Boeke, kerse, cds, olies en keramiek! Doen al jou laaste Kersinkopies!
Geen kinders onder 12.
Belangrik: NATANIËL SE BLIKKIESFEES gebeur weer hierdie jaar, ons help PEN om honderde behoeftiges te voed tydens die feestyd. Alle konsertgangers word MOOI gevra om blikkieskos saam te bring na die konsert! Verander ’n gemoed, red ’n lewe, bring genade na ’n kind, ’n gesin of ’n enkele!
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
NG Tygerpoort, 51 Henry Avenue,Pretoria, South Africa
Tickets