Demi Lee Moore LIVE in Amsterdam

Fri Sep 02 2022 at 07:00 pm

Theater Amsterdam | Amsterdam

Wian Smith-Venter
Publisher/HostWian Smith-Venter
Demi Lee Moore LIVE in Amsterdam
Advertisement
Demi Lee Moore vir die eerste keer – slegs een aand - in Amsterdam.
Nederlanders sal binnekort die geleentheid hê om ‘n tikkie van Suid-Afrika te beleef as die geliefde Suid-Afrikaanse popster, Demi Lee Moore, vir slegs een aand in Amsterdam op die planke sal wees. Na afloop van twee jaar wat reis en geleenthede op ys was, sal hierdie konsert ’n hoogtepunt op die sosiale kalender wees. Dit is ook die eerste keer dat dié sangsensasie in Nederland in aksie gesien sal kan word.
Demi Lee, wat in 2018 as die wenner van VIA TV en Coleske Artists se sangkompetisie Die Kontrak aangewys is, se goue stem weerklink op Vrydag, 2 September 2022 in die Theater Amsterdam.
Demi Lee het diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip met treffers soos “Mis Eet Slaap Herhaal”, “Wie Se Hart Breek Jy Vanaand”, “Maak My Jou Tequila” en kragtige weergawes van internasionale treffers soos “It’s All Coming Back To Me Now”, “Amanda”, “Coat Of Many Colours” and “I Will Always Love You”.
Nou is die Kaapse musikant en liedjieskrywer, wat spog met miljoene trefslae op YouTube en drie vollengte ateljeealbums, slaggereed om Nederlandse harte ook te verower met ’n vertoning in een van Amsterdam se mees gesogte konsertgeboue.
“Ek kan dit self nie glo nie, maar ek sing binnekort in Amsterdam en ek kan nie wag nie,” sê ’n opgewonde Demi Lee oor die konsert.
“Dit is ’n ongelooflike geleentheid om voor ’n internasionale gehoor op te tree en ek sien uit daarna om in die buiteland - in Afrikaans - te kuier.”
In egte Suid-Afrikaanse styl sal daar na afloop van die konsert ook ’n “Afterparty Sokkie” vir BBP-kaartjiehouers aangebied word. BBP-kaartjies sluit sitplekke in die voorste gedeelte van die teater, asook ’n verwelkomingsdrankie en ontmoeting met Demi Lee in.
’n Vertoning deur een van Suid-Afrika se warmste stemme is die perfekte manier om die Europese herfs te begroet.
“Kaartjies is nou beskikbaar by www.eventbrite.nl en verkoop soos soetkoek – want nie net is daar sterk ooreenkomste tussen Afrikaans en Nederlands as tale nie, maar is daar ook toenemende getalle Suid-Afrikaners wat in Nederland nesskrop. Dit beteken dat die mark vir Afrikaanse musiek in Nederland al hoe meer verbreed en dat konserte soos Demi Lee s’n al hoe meer in aanvraag gaan kom,” sê Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo en organiseerder van die vertoning.
Luister na Demi Lee se treffer, Wie Se Hart Breek Jy Vanaand, hier: https://DemiLeeMoore.lnk.to/WieSeHartBreekJyVanaandMB
Bespreek kaartjies hier: https://www.eventbrite.nl/e/demi-lee-moore-live-in-amsterdam-tickets-374357753117
Loer na die ongelooflike Theater Amsterdam hier: https://letszoip.com/theater
*Diensfooie is van toepassing
*Terme & Voorwaardes geld
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Theater Amsterdam, Danzigerkade 5,Amsterdam, Netherlands

Sharing is Caring: