Chris Chameleon – Ek Herhaal Jou Weer

Thu, 24 Apr, 2025 at 07:00 pm UTC+02:00

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria

Atterbury Teater\/Theatre
Publisher/HostAtterbury Teater/Theatre
Chris Chameleon \u2013 Ek Herhaal Jou Weer
Advertisement
Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword. Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu. In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks Ek Herhaal Jou Weer. Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê. Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” – ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie. “Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef,” sê hy. Chris Chameleon is terug by die Atterbury Teater vir die eerste keer in amper ‘n dekade om hierdie viering van musiek en poësie met gehore te deel. Kom en wees deel van die magiese ervaring! Hy gaan jou terugneem na die hart van sy musiek, die magie van Ingrid Jonker se woorde en van die mees onvergeetlike oomblikke wat Suid-Afrika se musiekgeskiedenis.
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa

Tickets

Sharing is Caring:

More Events in Pretoria

Jak de Priester Live @ Cafe Barcelona
Thu, 24 Apr, 2025 at 06:00 pm Jak de Priester Live @ Cafe Barcelona

53 Thomson Street Colbyn, Pretoria, South Africa

Tierlantynkies Kuier- en Koopfees
Fri, 25 Apr, 2025 at 09:00 am Tierlantynkies Kuier- en Koopfees

Moreleta Kerk

Mediterranean Gourmet Pop-up with KWV Mentors
Fri, 25 Apr, 2025 at 06:00 pm Mediterranean Gourmet Pop-up with KWV Mentors

LeSi Restaurant

Danie Re\u00ebnwolf \u2013 Die W\u00eareld Tussen Ons
Fri, 25 Apr, 2025 at 07:00 pm Danie Reënwolf – Die Wêreld Tussen Ons

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa

BRYAN ADAMS TRIBUTE SA @ MENLYN BARNYARD
Fri, 25 Apr, 2025 at 07:30 pm BRYAN ADAMS TRIBUTE SA @ MENLYN BARNYARD

Atterbury Rd & Lois Ave, 0063 Pretoria, South Africa

Let's go Hiking \ud83d\udc83 \ud83d\udc83 \ud83d\udc83
Sat, 26 Apr, 2025 at 07:00 am Let's go Hiking 💃 💃 💃

Groenkloof Nature Reserve

LKM Community Day
Sat, 26 Apr, 2025 at 08:00 am LKM Community Day

Lavender Kontrei Mark

Pretoria is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Pretoria Events