Breyten Breytenbach: woordenaar woordnar – ’n persoonlike blik deur dr. Francis Galloway

Thu, 13 Mar, 2025 at 06:00 pm UTC+02:00

Vriende van NALN | Bloemfontein

Vriende van NALN
Publisher/HostVriende van NALN
Breyten Breytenbach: woordenaar woordnar \u2013 \u2019n persoonlike blik deur dr. Francis Galloway
Advertisement
Breyten Breytenbach: woordenaar woordnar – ’n persoonlike blik deur dr. Francis Galloway
Kom kuier saam by NALN op 13 Maart 2025 om 18:00
RSVP: [email protected] óf [email protected]
Dié gespreksgeleentheid word aangebied deur die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum en die Vriende van NALN Vereniging.
Dr. Francis Galloway is die redakteur van “Breyten Breytenbach: woordenaar woordnar” (Protea Boekhuis, 2019). Eksemplare van dié vierde boek in die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogpryswenner-reeks, sal te koop aangebied word.
Dr. Francis Galloway is ’n gebore en getoë Vrystater en het haar voorgraadse en nagraadse kwalifikasies aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Gedurende haar loopbaan was sy ’n dosent in Afrikaanse letterkunde (aan die eertydse Universiteit van die Noorde); navorser verbonde aan die RGN se Sentrum vir SA Letterkundenavorsing (SENSAL); akademiese uitgewer (by Van Schaik-Uitgewers) en senior dosent en hoof van die program Uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria. Die afgelope 15 jaar is sy die redakteur van die afdeling geesteswetenskappe van die geakkrediteerde aanlyn akademiese tydskrif LitNet Akademies.
Haar breër navorsingsbelangstelling is boekgeskiedenis en uitgewery-ondersoek en sy het verskeie tekste oor die plaaslike boeklandskap plaaslik en internasionaal gepubliseer. Sy spesialiseer in navorsing oor die loopbaan van Breyten Breytenbach as skrywer en openbare figuur. Naas talle artikels in akademiese tydskrifte en op aanlyn platforms is sy die skrywer van die boek "Breyten Breytenbach as openbare figuur" (HAUM-Literêr, 1990) en die samesteller van die huldigingsbundel, in die reeks van die SAAWK, "Breyten Breytenbach – woordenaar, woordnar" (2019). Sy was ook die redakteur van ’n versameling van Breyten se toesprake/openbare uitsprake, "Parool/Parole" (Penguin, 2015).
Sy en haar man woon sedert 2009 op Pringlebaai in die Wes-Kaap.
𝗠𝗲𝗱𝗲𝘄𝗲𝗿𝗸𝗲𝗿𝘀 𝗯𝘆 𝗘𝗩𝗘𝗡𝗧:
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Prof. Pieter Verster
Dr. Francis Galloway
Vriende van NALN
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Vriende van NALN, 143 St Andrew St, Bloemfontein, 9301, South Africa,Bloemfontein, Free State

Sharing is Caring:

More Events in Bloemfontein

CityRun Moonlight Run
Wed, 12 Mar, 2025 at 06:00 pm CityRun Moonlight Run

22 Delville Drive, Naval Hill, Bloemfontein, South Africa

Spoegwolf & Koos Kombuis in Bloemfontein
Fri, 14 Mar, 2025 at 06:00 pm Spoegwolf & Koos Kombuis in Bloemfontein

Be Human - Middelwater Farm

Spoegwolf @ Be Human - Middelwater Farm in Bloemfontein
Fri, 14 Mar, 2025 at 06:00 pm Spoegwolf @ Be Human - Middelwater Farm in Bloemfontein

Be Human - Middelwater Farm

Dan Patlansky \/\/ Me, Myself & My Strat \/\/ Aasvo\u00ebl Klub
Fri, 14 Mar, 2025 at 08:00 pm Dan Patlansky // Me, Myself & My Strat // Aasvoël Klub

Aasvoel Club. Kellysview

Swasap Utra Marathon 2025
Sat, 15 Mar, 2025 at 05:30 am Swasap Utra Marathon 2025

Att Horak Street, 9301 Bloemfontein, South Africa

Sunflower Mad Hatter's High Tea
Sat, 15 Mar, 2025 at 11:00 am Sunflower Mad Hatter's High Tea

Central University of Technology, Free State (CUT)

 Dark Universe (Eng and Afr)
Sat, 15 Mar, 2025 at 07:00 pm Dark Universe (Eng and Afr)

Navill Hill Planetarium.

Bloemfontein is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Bloemfontein Events