Advertisement
Dis n dag vol tradisie en avontuur! Op 3 Mei 2025 nooi LKM jou uit na ons jaarlikse Boeredag waar die lekkerte van volkspele, voortrekker danse, sweepklap, boeresport, tradisionele kosse en potjies die kultuur van ons land weerspieel!SAACA se Potjiekos kompetisie sal weer n groot hoogtepunt wees met opwindende pryse en proffesionele beoordeelaars. Boer dra n Vrou is 'n prettige uitdaging waar jy jou vrou (of skoonma) kan gooi oor jou skouer of in die kruiwa deur die hindernisbaan gaan vir n kans om jou bier te kan verdubbel. Gratis Boeresport word aangebied vir die kinders met pret aktiwiteite wat hul heeldag sal vermaak!
Vars & handgemaakte produkte, boerseep, groente vanaf die boer, unieke dekor en meer aangebied deur jou plaaslike verkopers. Die liplekker kosse soos vetkoek, melkterte, pap&kaiings, Jaffels, gemmerbier, koeksisters en roosterkoek sal jou dag vul met geurige herinneringe! Lekker voetjeuk musiek aangbied deur die Ditsem Boere Orkes vanaf 10.30!
Kom ervaar die ware Boer-gevoel hier by die Lekkerste Kuier Mark in Pretoria!
Apache ave, agter Obaro. N4 Wonderboom Lughawe Afrit. Vind ons ook op Google maps Lavender Kontrei Mark
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Lavender Kontrei Mark, c/o Apache and K97,Pretoria, South Africa