Advertisement
“Ek's 'n donker man, onder die middernagmaan” uit die Bacchus Nel liedjie, Waar die dice val, is verseker 'n raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer. Nel vra vrae waarom die wêreld draai soos hy draai. . Hy skryf nie net sommer 'n liedjie nie...hy vertel kleurryke stories met meelewing, deernis,diepte en 'n fyn humor en fantastiese musiek.
Hy maak 'n vinnige draa in die Kaap die April en jy kan hom kom luister by Daisy Jones op Sondag 12 April, 1nm
Kaartjies R120 aanlyn by Quicket - https://qkt.io/BacchusNelDaisy
Deure:13h00
Show:15h00
Tafel besprekings noodsaaklik: +27 64 968 2015
Vandag is Bacchus Nel een van ons land se voorste liedjieskrywers.
Nel tree op in klein dorpies reg oor die land asook groot feeste soos Oppikoppie, Aardklop, KKNK, STRAB ens.
Bacchus het al 5 albums vrygestel:
Die Arms van die nag, Tussen Junk en Jewelry, Twee ster Hotel, Ou Blou Skoene en Vaalrivier
Advertisement
Event Venue
Daisy Jones Bar, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.





