Advertisement
Adam Tas die boeredigter uit die bosveld bring vir julle van sy grootste treffers vanaf sy drie platinum albums. Kos vir die siel musiek wat al vir meer as ‘n dekade in die harte van Suid-Afrikaners woon. Hy bring ook splinternuwe liedjies wat die hart sal was en die voete sal laat dans.
Adam Tas is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Pretoria. Van sy treffers sluit in Van 'n druppel tot 'n brander, Ben Bicycle, Jantjie Koggelman en Harry Potter. Meer onlangs Is dit hoe sy hemel lyk, en sy nuwe treffer Die huis waar stilte woon.
Hy het matriek voltooi by Hoërskool Garsfontein en later joernalistiek aan UNISA studeer en ook 'n gekwalifiseerde wildbewaarder geword. Sy musikale loopbaan het begin met optredes by talle plaaslike kroeë in Hatfield en regoor Suid-Afrika.
Sy album My Memories In 'n Menthol, saamgestel uit liedjies wat hy in samewerking met Kobus Koekoes geskryf het, het groot sukses behaal. Hy is later in 2006 by EMI onderteken. In 2007 het hy in 24 uur by 41 lokale opgetree en 'n vermelding in Guinness Book of Records verdien. Hy was ook gasheer vir die Suid-Afrikaanse televisieprogram Wild en Wragtag en het in die rolprent Die spook van Uniondale verskyn.
Hy het later 'n kontrak by Select Music onderteken. In 2016 het hy 'n huldeblyk-album vrygestel, 'n Tas vol Cash opgedra aan Johnny Cash.
Sedert 2003 het hy 'n aantal ateljee-albums vrygestel en is bekend vir sentimentele liedjies oor die plaaslewe in Suid-Afrika.
Adam Tas die boeredigter uit die bosveld bring vir julle van sy grootste treffers vanaf sy drie platinum albums. Kos vir die siel musiek wat al vir meer as ‘n dekade in die harte van Suid-Afrikaners woon. Hy bring ook splinternuwe liedjies wat die hart sal was en die voete sal laat dans.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Koelkamers, Waffle Wharf, Paternoster, 7381, South Africa,Paternoster, Western Cape, Darling
Tickets