Advertisement
Waarom skryf mense liedjies? Wat gebeur voor daardie kreatiewe “fairy dust” begin skitter, en die pen en papier nader getrek word en ‘n skrywer voor die klavier of kitaar gaan sit om ‘n splinternuwe liedjie te skep?Oral oor die wêreld sit skrywers elke dag hulle gedagtes, liefde, hartseer, oorlogskrete, oorwinnings en alledaagse ervarings om in woorde en musiek.
“There’s an element to songwriting that I can’t explain, that comes from somewhere else. I can’t explain that dividing line between nothing and something that happens within a song, where you have absolutely nothing, and then suddenly you have something. It’s like the origin of the universe.” Nick Cave (liedjieskrywer)
Om ‘n liedjie te skryf kan helend, grondverskuiwend of selfs ontblotend wees, en in die produksie ‘Daarom skryf ek’ vertel Anna meer van die ontstaan van sommige van haar eie liedjies, asook verassende stories van waar bekende liedjies vandaan kom van o.a. die Beatles, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Lucas Maree en Bob Dylan. Die gehoor kan uitsien om die onderstrominge en intriges van o.a. Delta Dawn, Let it be, Both sides now en Victoriabaai te ontdek.
Met Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (Saksofoon en perkussie)
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Koelkamers, 1 Kreefte Street,Paternoster, Western Cape, Darling, South Africa
Tickets