Advertisement
Celebrate Christmas on Paarl Mountain …with gifts, picnics and Springbok Moon at Taalmonument – English belowVier Krismis op Paarlberg
...met geskenke, pieknieks en Springbokmaan by Taalmonument
Soos ’n goeie tradisie betaam, het Kersvader wéér besluit om geskenke uit te deel tydens die gewilde Desember-volmaanpiekniek by die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) op SATERDAG, 14 DESEMBER 2024.
ʼn Beeldskone aand met kindervermaak, speelparke en buitelugspeletjies vir die jongspan - asook ʼn sonsondergang gevolg deur ʼn volmaan en Vader Krismis - beloof om die dag in ’n onvergeetlike geleentheid te omskep.
Om 19:30 behoort Kersvader sy opwagting te maak om presente uit te deel, dus ouers moet asseblief hul kinders se duidelik gemerkte geskenke teen 18:30 in sy kous in die Besoekersentrum besorg.
Ter ondersteuning van die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek boonop ook aan die springbok (‘guchas’ in Khoi) gewy.
Gaste is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf piekniekmandjies by die Suikerkan via 082 216 2510/082 856 1871 of [email protected] te bestel.
Kaartjies is slegs R40 per volwassene, R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders, en GRATIS vir kinders onder ses, jaarpermithouers en Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies. Hulle is beskikbaar by quicket.co.za of die hek. Vir inligting, kontak Stefanie Rasztabiga op 021 863 0543 of [email protected].
----------------------------------
As befits a good tradition, Santa once again decided to hand out gifts during the popular December full moon picnic on SATURDAY, 14 DECEMBER 2024.
A beautiful evening with children's entertainment, playgrounds and outdoor games for the young ones - as well as a sunset followed by a full moon and Santa - promises to transform the day into an unforgettable event. At 19:30 Santa should make his appearance to share the presents, so parents should please hand in their children's clearly marked gifts by 18:30 in his stocking in the Visitor Centre.
Tickets are available via quicket.co.za or at the gate.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Gabbema Doordrift St, 7646 Suider Paarl, South Africa, 20 Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646, South Africa,Paarl, Western Cape