VKB Bieliemieliefees

Thu, 27 Feb, 2025 at 12:00 pm to Sat, 01 Mar, 2025 at 11:45 pm UTC+02:00

Sarel Cilliers Street , 9810 Reitz, South Africa | Bethlehem

VKB Bieliemieliefees
Publisher/HostVKB Bieliemieliefees
VKB Bieliemieliefees
Advertisement
Reitz in die Oos-Vrystaat maak weer gereed om duisende mense vir die 2025 VKB Bieliemieliefees te ontvang en hulle op die eiesoortige gasvryheid van die streek te trakteer én boonop te sorg dat daar nie net iéts vir almal is nie, maar sommer báie pret en vermaak te verskaf.
Die feesterrein se hekke open om 12:00 op Donderdag, 27 Februarie, en word eers weer Sondagmiddag toegemaak nadat almal opgepak en uitgekuier is.
Die Bieliemieliefees het homself reeds gevestig as een van die grootste en gewildste landbouskoue in die land. En dis nie verniet dat dit jaarliks deur meer as 17 000 mense besoek word nie. Hier word van die heel nuutste landboutoerusting en -tegnologie ter waarde van R100 miljoen uitgestal wat boere van twee tot 80 jaar oud se oë laat skitter. Boere kry ook die geleentheid om te spog met hul heel beste vee in die kudde- en slaglamkompetisie, die beesuitstalling en die ramveiling.
Verskillende plant-, onkruiddoder- en besproeiingsproewe is ook reeds aangeplant sodat produsente met kennis bemagtig kan word.
Maar dié fees is nie uitsluitlik vir landbouprodusente nie. Hier volg net ’n voorsmakie:
Kom ons begin by die verhoogoptredes, want die kunstenaars wat jaarliks genooi word om hier op te tree, word altyd sorgvuldig met die hand uitgesoek.
Vanjaar is daar 11 topkunstenaars wat optree en elkeen gaan feesgangers op hul voete hê. Ons praat hier van Chris Steyn, Ivan Roux, Herman Kleynhans, Dozi, Brendan Pyper, Jan Rhaap, Radio Kalahari Orkes, Robbie Wessels, Ruhan Du Toit, Riaan Benade en BlackByrd.
Daar gaan natuurlik ook die volle spektrum kompetisies wees. Met van potjiekos,slaglam, sterkman, woldra boeresport, quiz en Bulletjie-rugby en netbal, tot bergfietsry, gholf, die marathon en nog vele meer, moet deelnemers hul staal uithaal en wys om in aanraking te kom vir die wonderlike pryse.
Dis nou benewens vertonings deur perde en honde ens wat aangebied gaan word.
Daar word baie beslis voorsiening gemaak vir allerlei bedrywighede waarmee die kleinspan besig gehou kan word sodat die hele familie die fees kan geniet. Hulle kan aan ’n verskeidenheid diere kom vat en vryf in die “petting zoo”, kameel ry, pretpark waar feesganders kan gaan rondswaai, en nog vele meer.
Van die kuiertent tot die kosstalletjies, die interessante stalletjies waar van hommeltuie tot kamoefleerserpe, parfuum en fudge gekoop kan word, elke deelnemer aan die fees is daar om óf plesier te verskaf, óf om die fees te geniet.
Maak dus seker jy hou die naweek van 27 Februarie tot 1 Maart 2025 oop en bespreek sommer nou al oorslaapplek, want dis moeilik om hiervandaan te vertrek as die fees nog aan die gang is.
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Sarel Cilliers Street , 9810 Reitz, South Africa, 12 Sarel Cillers St, Reitz, 9810, South Africa,Reitz, South Africa, Bethlehem

Sharing is Caring:

More Events in Bethlehem

Stall@ Bielie Mielie Reitz
Thu, 27 Feb, 2025 at 02:00 pm Stall@ Bielie Mielie Reitz

Petsana Reitz, Free State

Riaan Benad\u00e9 in Reitz
Fri, 28 Feb, 2025 at 08:00 am Riaan Benadé in Reitz

Bieliemieie gronde Reitz

Drakensberg Northern Trail 2025
Sat, 01 Mar, 2025 at 04:30 am Drakensberg Northern Trail 2025

Aha Alpine Heath Resort & Conference Centre

Chris Steyn in Reitz
Sat, 01 Mar, 2025 at 08:00 am Chris Steyn in Reitz

Bieliemieie gronde Reitz

THE MALUTI MAHEM
Fri, 07 Mar, 2025 at 07:00 am THE MALUTI MAHEM

Unit 6 Ashgar Estate, Shaaplaats road S1028 Clarens, Clarens, South Africa

Level 2 Adventure Training
Fri, 07 Mar, 2025 at 03:00 pm Level 2 Adventure Training

Boulders off road riding academy

Bethlehem is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Bethlehem Events