Advertisement
🎭 ROUTRIP✨ ’n Tragi-komiese reis met Elzabé Zietsman
Na ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar kar vol herinneringe — van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog — en ry die oop pad in om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, vreesloosheid en eerlikheid, neem sy gehore saam op ’n onvergeetlike reis van verlies, aanvaarding en bevryding.
📅 Datum: Vrydag, 13 Februarie 2026
🕒 Tyd: 19h30
💰 Kaartjies: R235
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/RoutripCT26
Met Elzabé Zietsman
📜 Teks: Johann Slabbert
🎬 Regie: Maralin Vanrenen
🎵 Klankbaan: Coenie de Villiers
🎭 Vervaardiger: Drama Drama
Gebaseer op ’n ware verhaal, is Routrip ’n kragtige, eerlike en humoristiese vertelling oor menswees — rou, rou én roerend.
🏆 Elzabé Zietsman is bekroon met die 2025 Aardklop-toekenning vir Beste Aktrise en is benoem vir beide die Naledi-toekenning en ’n Woordtrofee vir haar uitstaande vertolking in Routrip.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Centurion Teater, 123 Opaal Rd, Centurion, 0157, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.






