Advertisement
Duiweltjies op die hoeke van ’n eeueoue katedraal, verskillende kunswerke wat dieselfde een-oog wese uitbeeld, die kosbare septer van ’n koningshuis, die herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken – is hierdie net die fantasieë van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?Vanaf die begin van tyd bly die visuele die kragtige tweede taal van die mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefshoed tot ’n sonkep – watter boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamhouding, die modes van ’n uiters gewilde musiekvideo of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller aangekondig word?
Oorspronklike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe – hierdie is ’n paar elemente van Nataniel se nuutste skepping: CAKE TOPPER. Stories in Engels en (merendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.
Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier + klawerbord), Luke van der Merwe (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).
Kostuums is ontwerp en gemaak deur Floris Louw.
90 minute, geen pouse
Geen kinders onder 13
Geen selfone
Geen kortbroeke (dis ’n teater)
Geen drank of verversings in ouditorium toegelaat
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Artscape, Cape Town, South Africa
Tickets