Advertisement
GESELS 2025Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde GESELS-reeks! Hierdie is die sesde jaar!
GESELS 2025 word op Saterdag 12 April aangebied by die Fairtree Atterburyteater.
Soos elke vorige jaar, het GESELS 2025 ’n splinternuwe tema: “Die Ratkas Van ’n Keuse”.
Wat presies is ’n keuse? Al duur dit weke of ’n paar sekondes om ’n besluit te neem (Op of af? Reg of verkeerd? Links of regs? Eet ek dit of los ek dit? Loop ek of bly ek?), is daar ‘n masjien met ’n miljoen ratte wat sy werk moet doen. Van jou ingebore neigings tot jou opvoeding, omgewing, oortuigings, invloede en gesondheid speel ’n rol in elke keuse wat gemaak word.
Kyk hoe lyk ons wêreld! Die resultaat van keuses! Hoe ver strek die gevolge van ’n vinnige besluit? Is alles dan belangrik? Hoe ontspan ek ooit weer?
Hierdie onderskatte daad word van alle kante bekyk met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende ontdekkings. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
Saterdag 12 April 2025
Fairtree Atteryburyteater
11:00 + 15:00
90 minute
Geen kinders onder 14.
Bespreek NOU by seatme.co.za
Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer!
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets