Nagtoermaraton

Fri Sep 20 2024 at 05:00 pm to 08:00 pm

Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria, 0002 Pretoria, South Africa | Pretoria

Voortrekkermonument
Publisher/HostVoortrekkermonument
Nagtoermaraton
Advertisement
September is Erfenismaand en watter beter manier om dit te vier as met ’n nagtoer deur jou gunstelingkultuurtuiste.
Vanaf 20-27 September bied ons vir jou die geleentheid om die geheime van die monument te ontdek met ’n spesiale begeleide toer. Beleef hoe die friespanele lewend word, ervaar die donker-seer verlede, die uitroep na hulp! Kom beleef hoe geloof jou red. CJ Langenhoven het gesê: “Waar daar swaarkry en hartseer is, is daar ook altyd hoop.”
Wat is ingesluit?
• Aandete en ander verversings
• Nagtoer met ’n gids
• Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)
Die toer is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels. Sien datums as volg:
• Afrikaanse toer – 20, 21, 26 en 27 September
• Engelse toer – 23, 24 en 25 September
Groepbespreking kan by Johan de Bruin ([email protected]) gemaak word. Let wel: die groep moet uit 35 mense bestaan .
Program vir die aand (twee sessies per aand):
• Sessie een:
o 17:00 – Gaste arriveer, aandete bedien
o 18:10 – Toer begin in Heldesaal
o 18:50 – Senotaafsaal
o 19:00 – Vrijheidsreis
o 19:15 – Verversings en koffie in die tuin
o 20:00 – Gaste verdaag
• Sessie twee:
o 18:00 – Gaste arriveer, aandete bedien
o 19:10 – Toer begin in Heldesaal
o 19:50 – Senotaafsaal
o 20:00 – Vrijheidsreis
o 20:15 – Verversings en koffie in die tuin
o 21:00 – Gaste verdaag
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria, 0002 Pretoria, South Africa

Tickets

Sharing is Caring: