Advertisement
HIERDIE VERTONING IS UITVERKOOP DEURE OOP: 17:30
Dik Deurmekaar is Mel die Storieverteller se tweede komiese stuk wat die lyne tussen 'stand-up comedy' en 'n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, 'n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriƫntasie en deel snaakse waarnemings van 'straight couples', die landslied, slimfone en 'fancy' karre.
Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis 'n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer 'n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.
Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 80-minute deur aan haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories - dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
R28, Muldersdrift, 1740 Krugersdorp, South Africa
Tickets