Advertisement
Mel kom deel haar skreeusnaakse stories van haar splinternuwe vertoning, Internet Sensasie, vir die eerste keer in Bloemfontein by die Aasvoël Klub!In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internet sensasie.
In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.
Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die einde dan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptyd bykomstigheid.
Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, sy probeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere. Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.
"Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie."
- Margit Meyer-Rödenbeck
"Vars, oorspronklik en vrek snaaks."
-Pretoria FM
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 20h00
Vertoning duur: 80 minute
Kos & Drankies is beskikbaar om te bestel by die venue.
Geen kos of drank sal tydens vertoning bedien word nie, maak seker jy kom vroegtydig om jou bestelling in te sit en te ontvang.
Adres: Plot 35, 9de Laan, Bloemfontein
Ouderdomsbeperking: Geen O/16, Taal en volwasse tema's
Kaartjies direk by die venue beskikbaar of op whatsapp by Hein: 084 559 8991
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Aasvoel Club. Kellysview, 1/2 1st Ave, Bloemfontein, 9383, South Africa,Bloemfontein, Free State