Kom Leer Ken Jou Kamera / Beginners Fotografie Kursus
Saterdag 23/30 Januarie 2021
Die koste is R1000 pp. Die kursus word oor 2 saterdae aangebied.
Saterdag 23 Januarie
8h30 am tot 1 pm - Teorie en prakties (Die lokasie sal binnekort aangekondig word)
1 - 2 pm - Ligte middagete
2h30 pm tot 5h30 pm - Prakties by Botaniese Tuine.
Saterdag 30 Januarie
8h30 am tot 11h30 am teorie/terugvoer op fotos
3pm tot 5h30 Prakties (Die lokasie sal aangekondig word)
Kontak Lientjie vir inskrywingsvorms
Sel 0827193918
http://lientjiebeyerphotography.webs.com
Onder so bietjie meer details oor die inhoud van die kursus:
•Prakties-georiënteerde interaktiewe fotografie kursus.
•Gefokus op beginners met kompakte en brug of SRL kameras
•Sluit in teorie
•Notas sal verskaf word.
•Tee en koeldrank sal verskaf word tydens die teorie asook 'n ligte middagete.
'n Sertifikaat word uitgereik na afloop vd kursus.
Om op te som:
•Ek doen 'n kort verduideliking oor digitale fotografie(pixels megapixels resolusie file sizes etc)
•Daarna begin ons met al die tegniese aspekte v jou kamera Beligting(sluiterspoed velddiepte ISO - hoe dit werk en watter funksies en verstelling gebruik word en hoe die aspekte mekaar beinvloed) Fokus Wit Balans Portret en Flits beligting Beligting kompensasie hoe dit werk en watter verstellings om te gebruik. Ek raak ook so bietjie aan hoe 'n histogram werk en as 'n gits vir effektiewe beligting gebruik kan word. •Verskillende tipes kameras en lense (telefoto tot visoog) makro lense en funksies in kameras
•Ons gaan ook deur meeste funksies in die menus playback settings ens van elke kamera.
•Komposisie/ visuele ontwerp(lyne vorme tekstuur perspektief)
•Lig eenvoud agtergrond balans
•Dit is 'n baie praktiese georienteerde kursus.
Event Venue & Nearby Stays
BOTANIESE TUINE, The Kloof, Bloemfontein, 9301, South Africa