Advertisement
🎶 DE WALS VAN DE LIEFDE💫 Jannie du Toit se gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu
’n Reis deur die mooiste Nederlandstalige luisterliedjies van die afgelope eeu — vol poësie, nostalgie en tydlose melodieë. Met sy kenmerkende warmte en fyn aanvoeling bring Jannie du Toit hierdie musiek weer tot lewe in ’n intieme en roerende program.
📅 Datum: Woensdag, 10 Desember 2025
🕒 Tyd: 19h30
💰 Kaartjies: R180
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/WalsLiefdeJannieduToitCT25
Met Jannie du Toit (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier en sang) en Deryn Dednam (altsaxofoon en sang).
Van Herman van Veen en Jacques Brel tot Jules de Corte en Toon Hermans — hoor die treffers wat Jannie se loopbaan gevorm het en gehore al dekades lank betower.
Veertig jaar nadat Jannie Nederlands op die verhoog begin sing het, keer hy terug met De Wals van de Liefde — ’n eerbetoon aan die liedjies en kunstenaars wat sy liefde vir die kleinkuns gevorm het.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Die Centurion Teater, 123 Amkor Road,Centurion, Gauteng, South Africa
Tickets
Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place.










